GRN ondersteun vrye pers – Saara

Die Namibiese Eerste Minister Dr Saara Kuugongelwa Amadila het tydens die 30ste herdenking van die Windhoek Deklarasie en Wêreld Persvryheidsdag verwys na die land se top posisie in die Persvryheid Indeks van Verslaggewers Sonder Grense op die vasteland. Die land het volgens haar sedert 2013 die top posisie gehandhaaf met die uitsondering van 2018. Die Namibiese regering het sedert onafhanklikheid baie vryheid aan die media toegelaat om die regte en vryhede van burgers te waarborg en geen joernalis of mediapraktisyn is sedert onafhanklikheid 31 jaar gelede gedreig of vervolg nie. Sy het die versekering gegee dat die regering steeds verbind bly tot mediavryheid soos uitgedruk in die land se grondwet.