Weermag se dinge: dis ‘n polisie aangeleentheid

Berigte lui dat die aantygings teen die voormalige Minister van Verdediging Peter Vilho nie deur die Teenkorrupsie Kommissie ondersoek word nie. Die Aanklaer-Generaal Martha Imalwa het vroeër bevestig dat haar kantoor wel ‘n ondersoek na ‘n oorbetaling van 1,5 miljoen doller aan die afgetrede Generaal Martin Shalli gelas is. Volgens die Direkteur-Generaal van die kommissie […]

Read More

Kinderarbeid wek kommer by owerhede

Luitenant-Generaal Sebastian Ndeitunga het sy kommer uitgespreek oor kinder arbeid in die land. Hy sê veral Angolese kinders onder die ouderdom van 18 word deur Namibiërs in die werk gesteek en dit ontneem hulle van enige noemenswaardige toekoms.

Read More

Beijing nuwe miljardêr-hoofstad

Forbes se 2021-lys van miljardêrs toon dat China se hoofstad, Beijing, New York verbygesteek het as die wêreld se miljardêr-hoofstad. Die stad het die afgelope jaar 33 miljardêrs ryker geword. Altesaam 100 miljardêrs woon tans in Beijing. Die stigter van die TikTok-toepassing en Bestuurshoof van die maatskappy ByteDance, Zhang Yiming, is die rykste inwoner van […]

Read More

IMF pas SA groei effe op

Die ANC-regering sê hy is vol vertroue die ekonomie sal herstel met die nougesette implementering van die plan vir die heropbou en herstel van die ekonomie. Dit volg nadat die Internasionale Monetêre Fonds Suid-Afrika se groeivooruitsigte vir die jaar opwaarts aangepas het van 2,8 persent tot 3,1 persent. Die fonds het die hersiening van die […]

Read More

Tiger het gejaag…

Los Angeles se polisiehoof sê Tiger Woods se motorongeluk in Februarie is veroorsaak omdat hy te vinnig gery het. Woods, wat al 15 major-kampioenskappe gewen het, het teen 140 kilometer per uur gery toe sy motor die pad verlaat en ‘n aantal keer gerol het. Woods het ernstige beenbeserings opgedoen en sterk nog tuis aan. […]

Read More

Eskom se 15% verhoging het ‘n impak

Die dubbelsyfer-verhoging van die Suid-Afrikaanse elektrisiteitstarief hou enorme gevolge in vir intree- en middelvlak-huishoudings, aldus Rob Gwerengwe van FNB in die buurland. Die Nasionale Energiereguleerder het vroeër ingestem tot Eskom se versoek vir ‘n verhoging van meer as 15 persent. Dit sal die kragvoorsiener in staat stel om nagenoeg 10 miljard Namibiese doller van kraggebruikers, […]

Read More

Laat Navalny vry – VSA

Die Russiese opposisieleier en kritikus van president Vladimir Putin, Alexei Navalny, se prokureur het bevestig dat Navalny twee beskadigde rugwerwels het. Vadim Kobzev sê Navalny is besig om gevoel in sy hande en bene te verloor. Navalny dien tans tronkstraf uit nadat hy sy borgtogvoorwaardes vir ‘n bedrogklag in 2014 verbreek het. Kobzev sê Navalny […]

Read More

Meatco laat gaan almal bo 55

Meatco sal alle werknemers bo die ouderdom van 55 jaar aflê. Die maatskappy se Bestuurder van Korporatiewe Kommunikasie Rosa Hamukuaja Thobias het aan plaaslike media gesê dat bestuurders in die groep ingesluit is. Meer as 80 werknemers word deur die aksie geraak. Volgens Hamukuaja Thobias onderhandel Meatco nog met die betrokke vakbonde maar alle werknemers […]

Read More

Polisie beampte vas vir korrupsie

‘n Namibiese polisie beampte van Otjiwarongo Aina Mbaeva is aangekla op klagte van korrupsie nadat sy 3 000 doller in omkoopgeld van ‘n lid van die publiek gevra het. Sy het in die Otjiwarongo Landdroshof verskyn en is vrygelaat op borg van 4 000 doller. Volgens die staat het sy die betaling gevra om ‘n […]

Read More

Bloedklonte moet in EU as newe-effek gelys word

Meer inligting is bekend oor die bevindings van die Europese Medisyne-agentskap oor die AstraZeneca entstof en die voorkoms van bloedklonte. Die agentskap se dat bloedklonte eerder as ‘n baie seldsame newe-effek van die AstraZeneca entstof gelys moet word. Dit volg na ‘n studie waartydens 86 gevalle in die Europese Unie ondersoek is. Die agentskap se […]

Read More