Laat Navalny vry – VSA

Die Russiese opposisieleier en kritikus van president Vladimir Putin, Alexei Navalny, se prokureur het bevestig dat Navalny twee beskadigde rugwerwels het. Vadim Kobzev sê Navalny is besig om gevoel in sy hande en bene te verloor. Navalny dien tans tronkstraf uit nadat hy sy borgtogvoorwaardes vir ‘n bedrogklag in 2014 verbreek het. Kobzev sê Navalny ondervind pyn wanneer hy loop. Die Withuis se perssekretaris, Jen Psaki, sê hulle hou vol met hul oproepe vir sy onmiddellike vrylating: