Polisie beampte vas vir korrupsie

‘n Namibiese polisie beampte van Otjiwarongo Aina Mbaeva is aangekla op klagte van korrupsie nadat sy 3 000 doller in omkoopgeld van ‘n lid van die publiek gevra het. Sy het in die Otjiwarongo Landdroshof verskyn en is vrygelaat op borg van 4 000 doller. Volgens die staat het sy die betaling gevra om ‘n klag van diefstal teen ‘n vriend van ‘n vriend te laat verdwyn. Sy het na bewering gesê die geld moet betaal word aan die aanklaer in die saak. ‘n Beroep is weer op lede van die publiek gedoen om voorvalle van korrupsie aan te meld.