Bloedklonte moet in EU as newe-effek gelys word

Meer inligting is bekend oor die bevindings van die Europese Medisyne-agentskap oor die AstraZeneca entstof en die voorkoms van bloedklonte. Die agentskap se dat bloedklonte eerder as ‘n baie seldsame newe-effek van die AstraZeneca entstof gelys moet word. Dit volg na ‘n studie waartydens 86 gevalle in die Europese Unie ondersoek is. Die agentskap se Uitvoerende Direkteur, Emer Cooke, sê die voordele van die AstraZeneca-entstof om Covid-19 te voorkom, weeg swaarder as die risiko van newe-effekte: