IMF pas SA groei effe op

Die ANC-regering sê hy is vol vertroue die ekonomie sal herstel met die nougesette implementering van die plan vir die heropbou en herstel van die ekonomie. Dit volg nadat die Internasionale Monetêre Fonds Suid-Afrika se groeivooruitsigte vir die jaar opwaarts aangepas het van 2,8 persent tot 3,1 persent. Die fonds het die hersiening van die groeiprojeksie toegeskryf aan bykomende fiskale steun in groot ekonomieë en die wêreldwye toediening van Covid-19-entstowwe.