Meatco laat gaan almal bo 55

Meatco sal alle werknemers bo die ouderdom van 55 jaar aflê. Die maatskappy se Bestuurder van Korporatiewe Kommunikasie Rosa Hamukuaja Thobias het aan plaaslike media gesê dat bestuurders in die groep ingesluit is. Meer as 80 werknemers word deur die aksie geraak. Volgens Hamukuaja Thobias onderhandel Meatco nog met die betrokke vakbonde maar alle werknemers sal volgens haar skeidingspakkette ontvang. Die maatskappy het groot uitdagings met ‘n tekort aan slagdiere. Die maatskappy het ongeveer 710 werknemers.