Minder water uit Hardap gepomp

Volgens die jongste dam bulletin van NamWater was daar effe verligting vir Hardapdam met net minder as 700 000 kubieke meter water wat in die afgelope week uit die dam gepomp is. In vorige weke is meer as 2 miljoen kubieke meter onttrek. Hardap staan tans op 68,4 persent van kapasiteit. Nautedam by Keetmanshoop is […]

Read More

SA brandstofprys is verligting vir landbou

Die Suid-Afrikaanse Ekonoom Dawie Maree sê die effense daling in die buurland se brandstofpryse is ‘n welkome verligting vir verbruikers, maar veral vir boere. Brandstofpryse het die eerste keer dié jaar teruggesak ná ‘n daling van 2 persent in internasionale ru-olie-pryse en ‘n 3 persent versterking van die Suid-Afrikaanse rand in April relatief tot die […]

Read More

Uitspraak in Swartbooi, Seibeb aansoek vandag verwag

Regter Kobus Miller sal vandag uitspraak lewer in die saak waar die leiers van die LPM-party Bernadus Swartbooi en Henny Siebeb die Speaker van die Nasionale Vergadering Pofessor Peter Katjavivi dagvaar. Katjavivi het die twee toegang tot die Huis geweier en die saak aan ‘n staande komitee oorhandig om te ondersoek. Henny Siebeb het met […]

Read More

Trump steeds verban op Facebook

Facebook sê hy sal oorweging skenk aan die besluit van die Oorsigraad om die opskorting van die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, se rekening te handhaaf, en dan oor ‘n presiese en dienooreenkomstige optrede besluit. Trump is in Januarie van Facebook verban na die betogings by Capitol Hill. Daar word berig die raad het gesê […]

Read More

Kora: GRN het toerismeraad gedwing om te teken

Die hofsaak oor die vermiste Kora-miljoene duur voort in die Hoërhof in die hoofstad voor Regter Herman Oosthuizen. Die saak handel oor die mislukte Kora-toekennings wat nooit plaasgevind het nie. Die Namibiese Toerismeraad het net minder as 24 miljoen Namibiese doller aan Ernst Adjovi oorbetaal vir bemarking in aanloop tot die toekennings. Adjovi het in […]

Read More

Kunsbedryf moet meer volhoubaar wees

Die kunsbedryf in Namibië is soos enige ander besigheid besig om tydens die pandemie uit die stof uit op te staan. Volgens Mkariko Amagulu, die Kunsdirekteur in die Ministerie van Onderwys, Kuns en Kultuur, help hulle kunstenaars deur die Nasionale Kunsteraad om weer kop bo water te hou. Sy moedig kunstenaars aan om met ander […]

Read More

Psemas-bestuur bitter belangrik

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ‘n verkrygingnasporingsbulletin van stapel gestuur wat fokus op die Namibiese regering se mediese fonds, Psemas. IPPR-navorser Frederico Links sê veral tydens die gesondheidskrisis wat Namibië tans in die gesig staar, moet mediese fondse goed bestuur word. Links verduidelik.

Read More

Konferensie oor herlewing van toerisme

Die Namibiese Minister van die Omgewing, Bosbou en Toerisme, Pohamba Shifeta, en die Wêreld Toerisme-organisasie se Direkteur vir Afrika, Elcia Grandcourt, kondig vandag aan dat Windhoek vanaf 14 tot 16 Junie ‘n streekskonferensie sal huisves. Die tema van die konferensie is “Strengthening Brand Africa for the Swift Recovery of the Tourism Sector”.

Read More

Nege babas op ‘n slag? Ja!

‘n Gesin in Mali het oornag tot 11 lede gegroei nadat ‘n 25-jarige vrou aan nege babas geboorte geskenk het. Die vyf dogtertjies en vier seuntjies is met ‘n keisersnit in ‘n hospitaal in Marokko in die lewe gebring. Dit was twee meer as wat dokters tydens skanderings regdeur die vrou se swangerskap opgemerk het. […]

Read More

VN se Vlugteling-agentskap verwelkom VSA se besluit

Die Verenigde Nasies se Vlugteling-agentskap verwelkom die besluit van die Amerikaanse President, Joe Biden, om die jaarlikse perk op die toelating van vlugtelinge tot 62 500 te verhoog. Hy is van plan om dit volgende jaar 125 000 te maak. Die Adjunk-Hoëkommissaris vir Vlugtelinge, Kelly Clements, sê dit stuur ‘n duidelike boodskap van eensgesindheid en […]

Read More