Kora: GRN het toerismeraad gedwing om te teken

Die hofsaak oor die vermiste Kora-miljoene duur voort in die Hoërhof in die hoofstad voor Regter Herman Oosthuizen. Die saak handel oor die mislukte Kora-toekennings wat nooit plaasgevind het nie. Die Namibiese Toerismeraad het net minder as 24 miljoen Namibiese doller aan Ernst Adjovi oorbetaal vir bemarking in aanloop tot die toekennings. Adjovi het in 2004 die musiek toekennings geskep. Dit sou in Namibië gehou in Desember 2015 plaasvind maar het nooit gebeur nie. Adjovi se regspan sê die Namibiese regering het die Namibiese Toerismeraad gedwing om die ooreenkoms met Adjovi te onderteken. Volgens berigte het die toerismeraad se hoof, Digu //Naobeb melding gemaak van foute in die kontrak wak ook bepaal het dat 2 miljoen Amerikaanse doller oorbetaal moet word om die toekennings te verseker. //Naobeb was volgens berigte ook nie in die land toe die ooreenkoms, foute en al, onderteken is nie.