Kunsbedryf moet meer volhoubaar wees

Die kunsbedryf in Namibië is soos enige ander besigheid besig om tydens die pandemie uit die stof uit op te staan. Volgens Mkariko Amagulu, die Kunsdirekteur in die Ministerie van Onderwys, Kuns en Kultuur, help hulle kunstenaars deur die Nasionale Kunsteraad om weer kop bo water te hou. Sy moedig kunstenaars aan om met ander oë na die bedryf te kyk om meer volhoubaar te wees. Amagulu gesels met Kosmos 94.1 Nuus.