SA brandstofprys is verligting vir landbou

Die Suid-Afrikaanse Ekonoom Dawie Maree sê die effense daling in die buurland se brandstofpryse is ‘n welkome verligting vir verbruikers, maar veral vir boere. Brandstofpryse het die eerste keer dié jaar teruggesak ná ‘n daling van 2 persent in internasionale ru-olie-pryse en ‘n 3 persent versterking van die Suid-Afrikaanse rand in April relatief tot die vorige maand. Petrol is van vandag af nege-sent per liter goedkoper terwyl die twee grade diesel met onderskeidelik 34- en 30-sent per liter daal in die buurland. Maree sê enige verligting is positief, aangesien landboubedrywighede besig is om toe te neem: