Nege babas op ‘n slag? Ja!

‘n Gesin in Mali het oornag tot 11 lede gegroei nadat ‘n 25-jarige vrou aan nege babas geboorte geskenk het. Die vyf dogtertjies en vier seuntjies is met ‘n keisersnit in ‘n hospitaal in Marokko in die lewe gebring. Dit was twee meer as wat dokters tydens skanderings regdeur die vrou se swangerskap opgemerk het. Negelinge is ‘n uiters rare verskynsel omdat komplikasies tydens en na geboorte soms veroorsaak dat die babas nie almal oorleef nie.