VN se Vlugteling-agentskap verwelkom VSA se besluit

Die Verenigde Nasies se Vlugteling-agentskap verwelkom die besluit van die Amerikaanse President, Joe Biden, om die jaarlikse perk op die toelating van vlugtelinge tot 62 500 te verhoog. Hy is van plan om dit volgende jaar 125 000 te maak. Die Adjunk-Hoëkommissaris vir Vlugtelinge, Kelly Clements, sê dit stuur ‘n duidelike boodskap van eensgesindheid en steun aan lae- en middel-inkomste lande wat byna 90 persent van die wêreld se 80 miljoen vlugtelinge en ander ontwortelde mense versorg. Kelly Clements vertel