Trump steeds verban op Facebook

Facebook sê hy sal oorweging skenk aan die besluit van die Oorsigraad om die opskorting van die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, se rekening te handhaaf, en dan oor ‘n presiese en dienooreenkomstige optrede besluit. Trump is in Januarie van Facebook verban na die betogings by Capitol Hill. Daar word berig die raad het gesê die aanvanklike besluit om die voormalige president permanent te verban, was sonder enige spesifieke riglyne en standaarde. Trump het in reaksie hierop gesê Facebook en ander sosiale media-maatskappye moet ‘n politieke prys betaal vir die opskorting van sy rekeninge.