Minder water uit Hardap gepomp

Volgens die jongste dam bulletin van NamWater was daar effe verligting vir Hardapdam met net minder as 700 000 kubieke meter water wat in die afgelope week uit die dam gepomp is. In vorige weke is meer as 2 miljoen kubieke meter onttrek. Hardap staan tans op 68,4 persent van kapasiteit. Nautedam by Keetmanshoop is 101,4 persent vol en Neckartal se lesing van 100,4 persent van 29 Maart is steeds onveranderd. Oanob by Rehoboth is net meer as 95 persent vol. Bronne vir die Suide is tans op 92,2 persent. In die sentrale gebied is Von Bach 76,6 persent vol met Swakoppoort op 96,3 persent. Die Omatakodam het 89,4 persent water. Otjiverodam in die Ooste is 55,1 persent vol en die slukdam is tans op 11,5 persent.