Skermskraping maak ondernemings kwesbaar

Sakeondernemings word gewaarsku dat die proses van skermskraping hulle ondernemings kwesbaar kan laat omdat dit derde partye toegang gee tot hulle maatskappy se data. Die hoof-risikobestuurder by FNB Business in die buurland, Nadiah Maharaj, sê daar is verskeie voorbeelde van skermskraping. Die mees algemene blootstelling uit ‘n sakeonderneming se oogpunt is wanneer ondernemings programmatuur gebruik wat toestemming gee vir toegang tot banktransaksies. Maharaj waarsku sakeondernemings se nakomingsbeamptes om op te let watter toestemming hulle gee vir die gebruik van hulle inligting wanneer hulle sagteware-programme gebruik.