SAPD moet ingryp met plaasaanvalle

Die Demokraitese Alliansie in Noordwes het die Suid-Afrikaanse Minister van Polisie, Bheki Cele, gevra om in te gryp na nog ‘n plaasaanval naby Brits. Die hoof van die DA se hof-moniteringseenheid in Noordwes, Carin Visser, sê in die jongste voorval is ‘n boer, Pier Schutte, in ‘n ernstige toestand na ‘n hospitaal in Johannesburg vervoer nadat hy geskiet is terwyl hy na sy beeste omgesien het. Visser sê dit is die tweede aanval vanjaar op Schutte. Carin Visser is aan die woord.