NWR beperk skade aan toerismegeriewe

Ná vier jong Franse toeriste bome by die kampeerplek van Erongo Plateau Camp beskadig het, ontstaan die vraag gevra hoe gereeld Nambiese toerismegeriewe deur toeriste beskadig word. Sowat ‘n jaar gelede het een Kanadees en drie Franse toeriste graffiti op die geskiedkundige Garub-treinstasie naby Aus aangebring. Mufaro Nesongano van Namibia Wildlife Resorts sê toeriste beskadig nie gereeld NWR se geriewe nie, maar hulle maak seker dat ‘n deposito gehou word om enige skade te herstel. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.