Rundu: 14 onwettige betogers vas

Altesaam 14 mense is by die Rundu-polisiekantoor in hegtenis geneem nadat hulle glo aan ‘n onwettige optog deelgeneem het. Hulle staar ook klagte van aanranding en dwarsboming van die gereg in die gesig. Die inhegtenisneming spruit uit ‘n groep inwoners van Tumweneni, ‘n nuwe informele nedersetting aan die buitewyke van Rundu, wat ‘n optog voor die polisiekantoor gehou het. Hulle het na die polisiekantoor opgeruk en verskeie mense van diefstal beskuldig. Nege is verband met die beskadiging van eiendom vas, omdat hulle die wet in eie hande geneem het en die huis van hul verdagte diewe beskadig het.