Jones is kaptein vir Leeu-toer na SA

Alun Wyn Jones is die kaptein vir die Britse en Ierse Leeus se toer na Suid-Afrika wat op 3 Julie afskop met ‘n wedstryd teen die Stormers in Kaapstad. Die veteraan-slot het al 157 toetse vir Wallis en die Leeus gespeel en die komende toer sal sy vierde vir die Leeus wees. Afrigter Warren Gatland sal die res van die span later vanmiddag aankondig. Hy sê daar sal 37 spelers vir die toer van agt wedstryde wees, wat drie toetse teen die Springbokke insluit.