Cyril sê ANC sal aan verkiesing deelneem

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê die ANC sal nie sy deelname aan die komende plaaslike regeringsverkiesing onttrek nie. Hy het gereageer op vrae in die Parlement rakende sy verskyning voor die staatskapingskommissie. ‘n Vraag is geopper oor of die party geskik is om steeds die land te lei. Ramaphosa sê dit is in die belang van die inwoners van Suid-Afrika dat die party deelneem aan die verkiesing.