WTO se Sekretaris-Generaal woon konferensie in Windhoek by

Die Namibiese Minister van die Omgewing, Bosbou en Toerisme, Pohamba Shifeta, en die Wêreld Toerisme-organisasie se Direkteur vir Afrika, Elcia Grandcourt, het vandag aangekondig dat Windhoek vanaf 14 tot 16 Junie ‘n streekskonferensie sal huisves. Die tema van die konferensie is “Strengthening Brand Africa for the Swift Recovery of the Tourism Sector”. Volgens Shifeta sal die konferensie deur sowat 150 mense bygewoon word, onder wie die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie. Gitta Paetzold van die Gasvryheidsvereniging van Namibië verduidelik wat dié konferensie vir die Namibiese toerismebedryf kan beteken.