Pompstasie se lekkasie word aangespreek
Die Hoof van die Sentrale Watervoorsienings-eenheid by NamWater Dr Eino Mvula het met Komsos 94.1 Nuus gepraat oor die lekkasie by die pompstasie tussen Okahandja en Windhoek. Drinkwater lek reeds ‘n geruime tyd uit en Kosmos 94.1 Nuus het die probleem reeds verlede week aangemeld. Vanoggend het die nuusspan met NamWater se Hoof Uitvoerende Beampte […]
Tucna beroep hom op artikel van Arbeidswet
Die Vakbond Kongres van Namibië sê hy beroep hom op artikel 80(1)(b) van die Arbeidswet van 2007 in die staking van die werknemers van die NBC. In ‘n skrywe aan die Namibiese Minister van Arbeid, Utoni Nujoma, sê Mahongora Kavihuha dit wil voorkom asof daar nie tot verhaal gekom word nie. Hy het ‘n beroep […]
Ietermagô loop weer deur
Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het die jongste wildlewe misdaad verslag bekend gemaak. Tussen 3 en 9 Mei is twee nuwe sake geregistreer met twee verdagtes wat in hegtenis geneem is. Die ministerie sê een man is vas in Kamanjab en ‘n ander in Rundu, albei vir die onwettige besit van ‘n ietermagô vel. Die […]
Kaapse tannie, 103, registreer vir inenting
‘n Honderd-en-driejarige Kapenaar het vir Covid-19 inenting geregistreer tydens ‘n veldtog deur die Wes-Kaapse LUR vir Gesondheid, Nomafrench Mbombo. Nosayiniete Cetyiwe is een van 29 inwoners bo 60 wat by die Masimanyane-sentrum in Delft geregistreer het. Mbombo en gemeenskapswerkers het inwoners gehelp om hulle besonderhede in te dien. Almal wat geregistreer het, het ‘n pak […]
Chinese man beroof van N$130 000 in kontant
Die Namibiese polisie sê ‘n 44-jarige Chinese burger is van 130 000 Namibiese doller in kontant beroof naby die Iitananga nedersetting in die Omusati-streek. Volgens berigte is die man in sy voertuig gestop deur wat hy geglo het is ‘n verkeersbeampte. Die man het die Chinese burger se rybewys gevra en hom toe in die […]
Chinese man beroof van N$130 000 in kontant
Die Namibiese polisie sê ‘n 44-jarige Chinese burger is van 130 000 Namibiese doller in kontant beroof naby die Iitananga nedersetting in die Omusati-streek. Volgens berigte is die man in sy voertuig gestop deur wat hy geglo het is ‘n verkeersbeampte. Die man het die Chinese burger se rybewys gevra en hom toe in die […]
Vervaardiging kry swaar in 2020
Syfers vir die inkrimping van die Namibiese vervaardigingsektor tydens 2020 is bekend. FirstRand Namibia se Ekonoom Ruusa Nandago sê terwyl daar herstel sal wees, is vraag na verskeie dienste en produkte steeds gedemp.
Walvis verhoog geen tariewe nie
Inwoners van Walvisbaai sal nie in die komende jaar enige tariefverhogings hê nie. Die Adjunk-burgemeester Saara Mutondoka sê daar word wel ‘n 5 persent verhoging in grootmaataankope deur die munisipaliteit verwag maar, inwoners sal nie die koste moet dra nie. Volgens Mutondoka is 38 miljoen Namibiese doller begroot vir die sogenaamde Farm 37 vir water […]
Protes teen Israel in SA
Suid-Afrikaanse politieke partye en die burgerlike samelewing sal hierdie week verenig tydens ‘n pro-Palestynse versetoptog in Kaapstad. ‘n Woordvoerder van Africa4Palestine, Tisetso Magama, sê die optog is ‘n betoging teen die geweld wat Israeliese magte sedert die naweek teen Palestyne pleeg te midde van gedwonge uitsettings wat tans in die buuurt Sheikh Jarrah in Jerusalem […]
Indiese variant ‘n bron van kommer vir WGO
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die Indiese variant van Covid word nou geklassifiseer as ‘n variant van wêreldwye kommer omdat dit so vinnig versprei. Die WGO se Hoof van Covid-19 Maria van Kerkhove het die aankondiging gemaak. TERUG: Indië het oor die afgelope 7 dae gemiddeld daagliks net minder as 391 000 nuwe gevalle van Covid bevestig. […]