Protes teen Israel in SA

Suid-Afrikaanse politieke partye en die burgerlike samelewing sal hierdie week verenig tydens ‘n pro-Palestynse versetoptog in Kaapstad. ‘n Woordvoerder van Africa4Palestine, Tisetso Magama, sê die optog is ‘n betoging teen die geweld wat Israeliese magte sedert die naweek teen Palestyne pleeg te midde van gedwonge uitsettings wat tans in die buuurt Sheikh Jarrah in Jerusalem plaasvind. Magama sê ‘n betogings-kennisgewing is by die Stad Kaapstad ingedien en hulle wag op die uitslag van die aansoek.