Chinese man beroof van N$130 000 in kontant

Die Namibiese polisie sê ‘n 44-jarige Chinese burger is van 130 000 Namibiese doller in kontant beroof naby die Iitananga nedersetting in die Omusati-streek. Volgens berigte is die man in sy voertuig gestop deur wat hy geglo het is ‘n verkeersbeampte. Die man het die Chinese burger se rybewys gevra en hom toe in die arm met ‘n mes gesteek. Hy het die geld, wat in ‘n sak in die voertuig was gegryp en weggehardloop. Die polisie se ondersoek duur voort maar daar is tans geen verdagtes nie.