Walvis verhoog geen tariewe nie

Inwoners van Walvisbaai sal nie in die komende jaar enige tariefverhogings hê nie. Die Adjunk-burgemeester Saara Mutondoka sê daar word wel ‘n 5 persent verhoging in grootmaataankope deur die munisipaliteit verwag maar, inwoners sal nie die koste moet dra nie. Volgens Mutondoka is 38 miljoen Namibiese doller begroot vir die sogenaamde Farm 37 vir water en sanitasie. Die gebied is verlede jaar deur Kabinet goedgekeur om die eerste 800 erwe daar te ontwikkel na die verwoestende brand by Twaloloka nedersetting wat later hernoem is na Otweya. Die gebied in kan 30 000 erwe omskep word maar moet eers gediens word.