Indiese variant ‘n bron van kommer vir WGO

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die Indiese variant van Covid word nou geklassifiseer as ‘n variant van wêreldwye kommer omdat dit so vinnig versprei. Die WGO se Hoof van Covid-19 Maria van Kerkhove het die aankondiging gemaak.

TERUG: Indië het oor die afgelope 7 dae gemiddeld daagliks net minder as 391 000 nuwe gevalle van Covid bevestig. Internasionale nuusagentskappe het vroeër berig dat die Indiese regering reeds vroeg in Maart gewaarsku is om inperkings in te stel omdat die variant so vinnig versprei. Die eerste gevalle van die variant is in Suid-Afrika bevestig.