Speel so om toekomstige klimaat-uitdagings te bepaal…

Rekenaarspeletjie-geesdriftiges en waarnemers van klimaatsveranderings kry die geleentheid om te besluit hoe die klimaat in die toekoms daar gaan uitsien deur aan ‘n speletjie Survive the Century deel te neem. Dit is ‘n denkbeeldige spel oor aanlynklimaatsverandering en die omgewingsopsies waarvoor die mens tussen 2021 en 2100 te staan gaan kom. Een van die mense […]

Read More

Mense verstaan nie onteiening nie – TLU-SA

Die buurland se landbou-organisasie, TLU SA, sê uit die kommentaar by die Parlement se Portefeuljekomitee oor Openbare Werke en Infrastruktuur se openbare verhore oor die Wetsontwerp oor Onteiening, blyk dit duidelik die deelnemers het geen idee wat die implikasie van die wetsontwerp is nie. Die wetsontwerp gaan in die grondhervormingsprogram aangewend word. Bennie van Zyl […]

Read More

Katima inwoners sal verligting van rook-besoedeling

Die Katima Mulilo Dorpsraad moet tans gebruik maak van die stortingsterrein by Bukalo, 40 kilometer oos van die dorp nadat die Ministerie van Omgewingsake die huidige terrein gesluit het. Die gebied word reeds sedert 2018 onwettig gebruik nadat die ministerie gesê het dit voldoen nie aan die nodige vereistes volgens wetgewing nie. Inwoners het die […]

Read More

Geingob moet intree by NBC-staking

Terwyl daar verskeie petisies regoor die land deur werkers van die NBC ingedien sal word, het die pasgestigte vakbond vir media praktisyns, Nampu, ‘n beroep op President Hage Geingob om tussen beide te tree en die dooiepunt in die onderhandelings op te los. Die Eerste Minister Saara Kuugongelwa Amadhila het vroeër gesê dat terwyl die […]

Read More

Nujoma vier sy 92ste verjaardag

Stigterspresident Sam Nujoma vier vandag sy 92ste verjaardag. Hy word deur voormalige minister Pendukeni Iivula-Ithana as revolusionêre anti-apartheidsaktivis en politikus onthou wat sedert 1990 tot 2005 die Namibiese President was. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en hulde aan Nujoma gebring.

Read More

Ondersoek na regters in wapenskandaal geloods

Open Secrets in Suid-Afrika sê hy is verheug dat die proses begin het om die regters wat die wapenskandaal ondersoek het, vir growwe wangedrag aanspreeklik te hou. Die Regterlike Gedragskommissie vergader aanstaande maand om aan te beveel of ‘n klagte teen Regters Willie Seriti en Hendrick Musi ondersoek moet word en by die Regterlike Gedragstribunaal […]

Read More

Oud-weermaghoof dagvaar oor arrestasie

‘n Voormalige bevelvoerder van die Namibiese weermag, Generaal-Majoor Thomas Hamunyela, dagvaar die Minister van Veiligheid en Sekuriteit vir hy wat sê was sy onwettige arrestasie en aanhouding. Hamunyela is op 12 Januarie gearresteer op klagte van veediefstal. Volgens die staat het hy in Junie verlede jaar 3 osse en ‘n koei met ‘n beraamde waarde […]

Read More

Covid-afval hoop op by kliniek

Mediese afval hoop vir die tweede keer buite die Robert Mugabe-kliniek in die hoofstad op. Die sakke is teen die oop heining by die openbare sypaadjie en raak daagliks meer. Kosmos 94.1 Nuus het Dinsdag navrae by die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van Gesondheid, Ben Nangombe gedoen en hy het onderneem om op te […]

Read More

Koningin open Britse Parlement

Koningin Elizabeth het die Britse Parlement geopen en die regering se wetgewende agenda bekend gemaak. Dit was haar eerste amptelike verpligting sedert die begrafnis van haar man, Prins Philip. Sy het onder andere Premier Boris Johnson se planne bekendgestel vir die herinstelling van ‘n omstrede wetsontwerp om die polisie se magte te vergroot. Die koningin […]

Read More

Aanspreeklikheid van amptenare van kritieke belang

Talle Namibiese staatsamptenare het die regering miljoene gekos weens regskoste en skadevergoeding. Voorvalle van nalatigheid in staatshospitale en polisiehardhandigheid kom gereeld voor. Die Direkteur van die Regshulpsentrum, Toni Hancox, het gesê om dit te stop, moet staatsamptenare verantwoordelikheid vir hul dade neem.

Read More