Mense verstaan nie onteiening nie – TLU-SA

Die buurland se landbou-organisasie, TLU SA, sê uit die kommentaar by die Parlement se Portefeuljekomitee oor Openbare Werke en Infrastruktuur se openbare verhore oor die Wetsontwerp oor Onteiening, blyk dit duidelik die deelnemers het geen idee wat die implikasie van die wetsontwerp is nie. Die wetsontwerp gaan in die grondhervormingsprogram aangewend word. Bennie van Zyl van die TLU SA sê tydens verhore by Orange Farm het deelnemers van Gauteng gesê die Covid-19 pandemie moet gebruik word om die implementering van die wetsontwerp te verhaas ten einde toegang tot openbare gesondheidsorg, behuising en werkgeleenthede te kry: