Speel so om toekomstige klimaat-uitdagings te bepaal…

Rekenaarspeletjie-geesdriftiges en waarnemers van klimaatsveranderings kry die geleentheid om te besluit hoe die klimaat in die toekoms daar gaan uitsien deur aan ‘n speletjie Survive the Century deel te neem. Dit is ‘n denkbeeldige spel oor aanlynklimaatsverandering en die omgewingsopsies waarvoor die mens tussen 2021 en 2100 te staan gaan kom. Een van die mense wat gehelp het met die ontwerp van die speletjie, ‘n kenner oor klimaatverandering van die Universiteit van Kaapstad, Christopher Trisos, sê hoewel dit denkbeeldig is, is dit op wetenskaplike feite gegrond: