Katima inwoners sal verligting van rook-besoedeling

Die Katima Mulilo Dorpsraad moet tans gebruik maak van die stortingsterrein by Bukalo, 40 kilometer oos van die dorp nadat die Ministerie van Omgewingsake die huidige terrein gesluit het. Die gebied word reeds sedert 2018 onwettig gebruik nadat die ministerie gesê het dit voldoen nie aan die nodige vereistes volgens wetgewing nie. Inwoners het die afgelope tyd talle klagtes gemaak, en ook met Kosmos 94.1 Nuus in verbinding getree oor die brande by die terrein en die gepaardgaande rook wat oor die dorp beweeg. Terwyl die gebruik van die Bukalo-terrein net as tydelik beskou word, sal inwoners van die dorp verligting hê van die daaglikse lugbesoedeling. Die Minister van Stedelike Ontwikkeling Uutoni Nujoma sê ‘n permanente oplossing moet gevind word. Hy het onderneem om die gebied te besoek.