Geingob moet intree by NBC-staking

Terwyl daar verskeie petisies regoor die land deur werkers van die NBC ingedien sal word, het die pasgestigte vakbond vir media praktisyns, Nampu, ‘n beroep op President Hage Geingob om tussen beide te tree en die dooiepunt in die onderhandelings op te los. Die Eerste Minister Saara Kuugongelwa Amadhila het vroeër gesê dat terwyl die nasionale uitsaaier krities is vir inligting, is daar nie geld om die werkers te betaal nie. Hulle eis salarisverhogings. Nampu sê in ‘n skrywe aan Geingob die meerderheid van die Namibiese publiek het geen toegang tot inligting in verband met Covid nie en beskuldig die Ministerie van Inligting daarvan dat hy geen aksie geneem het om die probleem op te los nie maar eerder besluit het, volgens die vakbond, om terug te sit en wag en kyk wat gebeur.