Britse weermag ‘wag en kyk’ met Houthi’s

Die Britse minister van verdediging Grant Schapps het aan media bevestig dat hulle vir nou sal ‘wag en sien’ in verband met Houthi-aanvalle in die Rooisee. Die Britse weermag het verlede week saam met die Amerikaners verskeie aanvalle uitgevoer maar verdere aanvalle word nie nou beplan nie.