Verstappen spring vandag eerste weg in Oostenrykse F1 GrandPrix
Motorsport. Red Bull se Max Verstappen spring vandag in die Oostenrykse F1 GrandPrix in die eerste plek weg, met Mclaren se Lando Norris in die tweede plek. Verstappen se spanmaart Sergio Perez is in die derde wegspringplek en Lewis Hamilton vierde.
Zuma praat vanmiddag met die media
Oudpresident Jacob Zuma van Suid-Afrika beoog om die media vanmiddag omstreeks 18:00 tydens ‘n mediakonferensie by Nkandla toe te spreek. Sy stigting het dit op twitter bekendgemaak. Sy regspan is glo ontbied om 14:00 met hom te vergader. Groot getalle Zuma-ondersteuners is intussen besig om by Nkandla bymekaar te kom om hulle steun aan hom […]
Voormalige adjunk-minister sterf
Die voormalige Namibiese adjunk-minister van Visserye en Swapo-parlementslid Samuel Ankama is vanoggend oorlede. Volgens plaaslike mediaberigte het hy in ‘n hospitaal in die noorde gesterf. Hy was 63.
Facebook-toetsprojek lok reaksie uit
‘n Facebook-toetsprojek met ‘n opwip-venster waarin mense gevra word of hulle dink van hulle vriende is besig om ekstrimisties te word, het kommer by Amerikaanse konserwatiewes ontlok. Volgens AFP is hulle van mening hul stemme gaan gesmoor word. ‘n Woordvoerder van Facebook, Andy Stone, sê die waarskuwings het hulle oorsprong by ‘n inisiatief van die […]
Suid-Afrika gee die groenlig vir die gebruik van die Chinese CoronaVac-entstof
Die Waarnemende Minister van Gesondheid van Suid-Afrika, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het gesê die Departement Van Gesondheid in die buurland verwelkom die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte se goedkeuring van die Chinese CoronaVac-entstof. Sy sê dit sal die regering in staat stel om teen ʼn vinniger tempo meer entstowwe te kry. SAHPRA sê die entstof is bedoel vir […]
Lekker tennis op Wimbledon
Tennis: Roger Federer het Wimbledon se laaste 16 vir die 18de keer gehaal met ‘n oorwinning van vier stelle teen Cameron Norrie van Brittanje. Die agt-malige kampioen het met 6-4, 6-4, 5-7 en 6-4 gewen. Nick Kyrgios van Australië moes hom weens ‘n besering in sy derde-ronde-wedstryd teen die Kanadees Felix Auger-Aliassime onttrek. In die […]
Vlugtelinge verdrink toe hulle probeer om van Libië na Italië te vaar
Die Tunisiese humanitêre hulporganisasie, Red Crescent, sê 43 vlugtelinge het verdrink toe hulle boot aan die kus van die land gesink het. Hulle het probeer om van Libië na Italië te vaar. Die boot het migrante van Egipte, Soedan, Eritrea en Bangladesh aan boord gehad. Meer as 80 mense is gered. Die tragedie volg ná […]
ANC besin oor Zuma
Die voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, sê die Konstitusionele Hof se beslissing oor Jacob Zuma het die party en die nasie verdeel. Zikalala het ná ‘n vergadering met die voormalige president by sy huis in Nkandla gepraat. Zuma voer aan hy is onskuldig en doen ‘n beroep op die hof om sy […]
Proteas wen die T20-reeks teen Wes- Indië
Krieket: Suid-Afrika se oorwinning van 25 lopies in die beslissende T20-wedstryd teen Wes-Indië in Grenada het aan hulle ‘n reeksoorwinning van 3-2 besorg. Die Proteas het 164 vir vier in hulle 20 boulbeurte aangeteken en die gashere tot 143 vir nege beperk. Quinton de Kock en die speler van die wedstryd, Aiden Markram, het ‘n […]
Oorstromings in Japan
Honderde-duisende inwoners in drie provinsies in Japan is beveel om hulle huise te ontruim ná waarskuwings van nog oorstromings. Dit volg na gister se massiewe grondstorting in Atami City in sentraal-Japan wat deur swaar reënval veroorsaak is. Minstens 20 mense word na die grondstorting vermis. Twee liggame is gevind ná modder huise en ander eiendom […]