Facebook-toetsprojek lok reaksie uit

‘n Facebook-toetsprojek met ‘n opwip-venster waarin mense gevra word of hulle dink van hulle vriende is besig om ekstrimisties te word, het kommer by Amerikaanse konserwatiewes ontlok. Volgens AFP is hulle van mening hul stemme gaan gesmoor word. ‘n Woordvoerder van Facebook, Andy Stone, sê die waarskuwings het hulle oorsprong by ‘n inisiatief van die sosiale netwerk om gewelddadige ekstremisme en gevaarlike organisasies hok te slaan. Facebook en ander aanlynplatforms is onder druk om die verspreiding van waninligting en boodskappe wat tot werklike geweld kan lei, stop te sit.