Zuma praat vanmiddag met die media

Oudpresident Jacob Zuma van Suid-Afrika beoog om die media vanmiddag omstreeks 18:00 tydens ‘n mediakonferensie by Nkandla toe te spreek. Sy stigting het dit op twitter bekendgemaak. Sy regspan is glo ontbied om 14:00 met hom te vergader. Groot getalle Zuma-ondersteuners is intussen besig om by Nkandla bymekaar te kom om hulle steun aan hom te bewys, in weerwil van die Covid-regulasies wat groot byeekomste in die buurland verbied.