Suid-Afrika gee die groenlig vir die gebruik van die Chinese CoronaVac-entstof

Die Waarnemende Minister van Gesondheid van Suid-Afrika, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het gesê die Departement Van Gesondheid in die buurland verwelkom die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte se goedkeuring van die Chinese CoronaVac-entstof. Sy sê dit sal die regering in staat stel om teen ʼn vinniger tempo meer entstowwe te kry. SAHPRA sê die entstof is bedoel vir toediening aan mense tussen die ouderdom van 18 en 59 jaar.