Bewaringslandbou-wêreldkongres 2024 in Kaapstad

Die volgende Bewaringslandbou-wêreldkongres word in Junie 2024 in Kaapstad gehou. Dit volg na ‘n suksesvolle bod deur die Wes-Kaapse departement van landbou, Bewaringslandbou, Landbouweekblad en die Afrika Bewarings-grondbewerkings-netwerk. Die kongres sal boere, navorsers, nywerhede en beleidmakers van regoor die wêreld bymekaar bring. Die LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê die Wes-Kaap is ‘n belangrike rolspeler […]

Read More

EU se registrasiebenaming van rooibosplant verwelkom

Die Wes-Kaapse departement van landbou het die goedkeuring vir die registrasiebenaming van die rooibosplant verwelkom. Die Suid-Afrikaanse plant is onlangs deur die Europese Kommissie goedgekeur. Dit beteken dat Suid-Afrika die produksie en uitvoer van rooibos uniek mag hou. Die departement se woordvoerder, Dirk Trotsky, sê die EU se besluit skep die ideale platform om die […]

Read More

Solidariteit, Afriforum sleep SAHPRA hof toe oor Johnson & Johnson-entstof

Solidariteit en AfriForum sal vandag hul stryd teen die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte regulerende owerheid SAHPRA, in die hof voer om SAHPRA se voorwaarde dat slegs die regering die Johnson & Johnson-entstof mag koop, tersyde te stel. Die twee organisasies bevraagteken die wettigheid van sulke voorwaardes en vra meer inligting rakende die voorwaardes soos gestel deur SAHPRA. […]

Read More

Nog 182 ongemerkte grafte in Kanada gevind

Nog 182 ongemerkte grafte is by ‘n derde kosskool vir inheemse volkere in Brits-Columbia in Kanada gevind, het ‘n plaaslike stam gesê. Verlede week is 751 grafte by ‘n ander kosskool in ongebruik gevind en 215 grafte is in Mei gevind, berig internasionale media.

Read More

Los Angeles: 16 beseer toe onwettige vuurwerke vernietig word

Minstens 16 mense is in ‘n ontploffing in die suide van Los Angeles beseer tydens ‘n poging deur die stad se polisiedepartement om onwettig vuurwerke te vernietig. Drie burgerlikes is volgens Amerikaase media ernstig beseer.

Read More

Wes-Kaap ent 32 000 inwoners van ouetehuis in

Terwyl die Khomas-streek in Namibië se Covid-entstowwe op is, het die Wes-Kaapse departement van maatskaplike Ontwikkeling gesê die Covid-inentingsveldtog by die provinsie se ouetehuise vorder goed. ‘n Woordvoerder, Joshua Chigome, sê 32 000 inwoners en personeellede is al ingeënt. Chigome sê die departement besef dat vennootskappe met gemeenskappe en familielede tot die sukses bydra.

Read More

Vakbond vra vir hersiening van geskiedenis-kurrikulum

Die Namibiese Studente-unie doen ‘n beroep op owerhede om ‘n hersiening te doen op die inhoud van geskiedenis in die skool-kurrikulum. Die vakbond sê daar is belangrike aspekte wat uitgelaat en daar is baie klem op Swapo-geskiedenis gelê. Tyson Hihanguapo, woordvoerder van die vakbond…

Read More

Pandemie: land het miljoene in toerisme verloor

Alhoewel reis tussen streke in Namibië verbode is, kan toeriste nog in die land reis. Gitta Paetzold van die Gasvryheidsvereniging van Namibië sê die land het reeds miljoene Namibiese dollar verloor weens kansellasies van toeriste. Toerisme is een van Namibië se belangrikste finansiële bydraers tot die land se ekonomie. Gitta Paetzold verduidelik aan Kosmos 94.1 […]

Read More

Globes hersien sy reëls

Die Golden Globes het veranderinge aangebring wat sal toelaat dat films in ander tale as Engels en animasieprente in aanmerking sal kom vir die toppryse. Die toekenningseremonie en die Hollywood Foreign Press Association het die afgelope maande onder skoot gekom te midde van beskuldigings van rassisme, seksisme, afknouery en korrupsie. Die vereniging sluit 90 joernaliste […]

Read More

Khomas se inentings gestaak, voorraad op

Daar is geen voorraad van Covid-entstowwe in die Khomas-streek oor nie. Beide die AstraZeneca en Sinopharm entstowwe is op. Die intentingsprogram is dus vir eers gestaak. Die uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid Ben Nangombe sê Rehoboth, Gobabis, Aranos en Mariental het ook geen voorraad van AstraZeneca nie en daar is enkele dosisse Sinopharm […]

Read More