EU se registrasiebenaming van rooibosplant verwelkom

Die Wes-Kaapse departement van landbou het die goedkeuring vir die registrasiebenaming van die rooibosplant verwelkom. Die Suid-Afrikaanse plant is onlangs deur die Europese Kommissie goedgekeur. Dit beteken dat Suid-Afrika die produksie en uitvoer van rooibos uniek mag hou. Die departement se woordvoerder, Dirk Trotsky, sê die EU se besluit skep die ideale platform om die rooibosbedryf uit te brei.