Wes-Kaap ent 32 000 inwoners van ouetehuis in

Terwyl die Khomas-streek in Namibië se Covid-entstowwe op is, het die Wes-Kaapse departement van maatskaplike Ontwikkeling gesê die Covid-inentingsveldtog by die provinsie se ouetehuise vorder goed. ‘n Woordvoerder, Joshua Chigome, sê 32 000 inwoners en personeellede is al ingeënt. Chigome sê die departement besef dat vennootskappe met gemeenskappe en familielede tot die sukses bydra.