Bewaringslandbou-wêreldkongres 2024 in Kaapstad

Die volgende Bewaringslandbou-wêreldkongres word in Junie 2024 in Kaapstad gehou. Dit volg na ‘n suksesvolle bod deur die Wes-Kaapse departement van landbou, Bewaringslandbou, Landbouweekblad en die Afrika Bewarings-grondbewerkings-netwerk. Die kongres sal boere, navorsers, nywerhede en beleidmakers van regoor die wêreld bymekaar bring. Die LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê die Wes-Kaap is ‘n belangrike rolspeler in landbou in Suid-Afrika, dus is dit gepas dat ‘n kongres van hierdie formaat in die provinsie plaasvind.