Nog 182 ongemerkte grafte in Kanada gevind

Nog 182 ongemerkte grafte is by ‘n derde kosskool vir inheemse volkere in Brits-Columbia in Kanada gevind, het ‘n plaaslike stam gesê. Verlede week is 751 grafte by ‘n ander kosskool in ongebruik gevind en 215 grafte is in Mei gevind, berig internasionale media.