Solidariteit, Afriforum sleep SAHPRA hof toe oor Johnson & Johnson-entstof

Solidariteit en AfriForum sal vandag hul stryd teen die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte regulerende owerheid SAHPRA, in die hof voer om SAHPRA se voorwaarde dat slegs die regering die Johnson & Johnson-entstof mag koop, tersyde te stel. Die twee organisasies bevraagteken die wettigheid van sulke voorwaardes en vra meer inligting rakende die voorwaardes soos gestel deur SAHPRA. AfriForum se hoof van regsake, Anton van der Bijl, verduidelik die aansoek aan Kosmos 94.1 Nuus.

Van der Bijl het ook die belangrikheid en gebruik van ivermektien verduidelik.