Pandemie: land het miljoene in toerisme verloor

Alhoewel reis tussen streke in Namibië verbode is, kan toeriste nog in die land reis. Gitta Paetzold van die Gasvryheidsvereniging van Namibië sê die land het reeds miljoene Namibiese dollar verloor weens kansellasies van toeriste. Toerisme is een van Namibië se belangrikste finansiële bydraers tot die land se ekonomie. Gitta Paetzold verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.