Khomas se inentings gestaak, voorraad op
Daar is geen voorraad van Covid-entstowwe in die Khomas-streek oor nie. Beide die AstraZeneca en Sinopharm entstowwe is op. Die intentingsprogram is dus vir eers gestaak. Die uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid Ben Nangombe sê Rehoboth, Gobabis, Aranos en Mariental het ook geen voorraad van AstraZeneca nie en daar is enkele dosisse Sinopharm oor. Daar word verwag dat meer inentingslokale se voorraad in die komende dae op sal raak. Verskeie entstowwe is reeds bestel en word vroeg die maand verwag.