Globes hersien sy reëls

Die Golden Globes het veranderinge aangebring wat sal toelaat dat films in ander tale as Engels en animasieprente in aanmerking sal kom vir die toppryse. Die toekenningseremonie en die Hollywood Foreign Press Association het die afgelope maande onder skoot gekom te midde van beskuldigings van rassisme, seksisme, afknouery en korrupsie. Die vereniging sluit 90 joernaliste in wat vir die jaarlikse film- en televisietoekennings stem. Die groep het verlede maand talle hervormings goedgekeur in ‘n poging om die toekennings meer inklusief te maak. Dit volg nadat Netflix en Warner Brothers besluit het om nie saam met die groep te werk voordat betekenisvolle veranderinge gemaak is nie.