Delta – ons sal eers die week weet

Die adjunk-uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie Petronella Masabane het pas bevestig dat die uitslae van genoomtoetse om te bepaal of die Delta-variant plaaslik teenwoordig is, sal eers die week bekend wees. Sy het nie gesê watter dag nie. Dit volg na navrae van media nadat daar verlede week bevestig is dat die uitslae reeds […]

Read More

Ivermektien: die dosis is belangrik

Ivermektien bly in die nuus en talle owerhede het kommer uitgespreek oor die onkundige gebruik van die middel sonder om seker te wees oor die korrekte dosis. Dit is veral algemeen in Namibië omdat mense die veeartseny-middel aanskaf. Dr. Naseeba Kathrada, ‘n Suid-Afrikaanse dokter en voorstander van die gebruik van ivermektien in die behandeling van […]

Read More

Wat presies is fopnuus?

Terwyl daar aangekondig is dat lede van die publiek wat fopnuus versprei of ‘n boete van 100 000 Namibiese dollar of tien jaar tronkstraf opgelê kan word, het owerhede nie bekend gemaak presies wat hulle as fopnuus ag nie. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die direkteur van die regshulpsentrum Toni Hancox. Sy het dit […]

Read More

Kate isoleer na Covid-kontak

Die hertogin van Cambridge Kate is tans in selfisolasie nadat sy verlede week in kontak gekom het met iemand wat Covid-positief is. ‘n Woordvoerder van Kensington-paleis sê Kate toon geen simptome nie maar, moet isoleer en kom al die nodige maatreëls na.

Read More

Lede van die mag moet asb inent

In Namibië het die hoof van die polisie, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga a beroep op die lede van die mag gedoen om ingeënt te word. Intussen het die buurland se minister van polisie Bheki Cele sy tevredenheid uitgespreek met die inenting van die lede van die mag in Suid-Afrika. In sy mening kan hulle net die […]

Read More

Kerina-begrafnis – ons moes keer

Die sekretaris-generaal van die Ovaherero tradisionele owerheid professor Mutjinde Katjiua sê hulle was genoodsaak om die hof te nader om te verhoed dat die ontslape Mburumba Kerina begrawe word in Okahandja waar die volk se opperhoofte ter ruste gelê is. Advokaat Vekuii Rukoro wat op 18 Junie as gevolg van Covid oorlede is, sal volgende […]

Read More

Interpol reik rooi kennisgewings vir Guptas uit

Interpol het rooi kennisgewings uitgereik teen Atul en Rajesh Gupta, hulle vrouens en verskeie sakevennote. Advokaat Hermione Cronjé van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die ander is ‘n gewese rekening-ondertekenaar van die Nulane-beleggingsbank van Baroda, Ankit Jain, ‘n direkteur van Wone Management, Ravindra Nath, en die direkteurs van Pragat Investments, Ramesh Bhat en Jagdish Parekh. Cronjé […]

Read More

Grondpaaie maak sitrus seer

Die swak padinfrastruktuur in Suid-Afrika belemmer waarskynlik die sitrus- en graanuitvoerbedryf. ‘n Verslag toon dat 54-persent van die ongeteerde padnetwerk in die land in ‘n baie swak toestand is, en ongeveer een-derde van die geteerde netwerk is ook in ‘n swak toestand. As gevolg van slaggate word sitrusvrugte in transito beskadig en dit beïnvloed die […]

Read More

Bly maar eerder tuis in die tyd

Die bekende landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat dr. Frikkie Maré het ‘n beroep op landbou in Suid-Afrika gedoen om die strenger inperkings te verwelkom en na te kom om sodoende die buurland van groter skade te kan red.

Read More

Keur ivermektien goed vra McHenry

Die president van die PDM-party McHenry Venaani het ‘n beroep op die medisyne reguleringsraad gedoen om ivermektien goed te keur vir die behandelings van Covid. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat alles nou in die stryd gewerp moet word om die pandemie te bestry.

Read More