Ivermektien: die dosis is belangrik

Ivermektien bly in die nuus en talle owerhede het kommer uitgespreek oor die onkundige gebruik van die middel sonder om seker te wees oor die korrekte dosis. Dit is veral algemeen in Namibië omdat mense die veeartseny-middel aanskaf. Dr. Naseeba Kathrada, ‘n Suid-Afrikaanse dokter en voorstander van die gebruik van ivermektien in die behandeling van Covid het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Sy sê dit is beter om die middel van hulle dokter te bekom.