Delta – ons sal eers die week weet

Die adjunk-uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie Petronella Masabane het pas bevestig dat die uitslae van genoomtoetse om te bepaal of die Delta-variant plaaslik teenwoordig is, sal eers die week bekend wees. Sy het nie gesê watter dag nie. Dit volg na navrae van media nadat daar verlede week bevestig is dat die uitslae reeds verlede Vrydag bekend sal wees. Dr. Ismael Katjitae, voorsitter van die nasionale tegniese advieskomitee vir MIV/Vigs-reaksie in Namibië en self ‘n dokter het vroeër gesê alle aanduidings is dat die variant wel teenwoordig is.