Opul+ kan nie ooreenkom oor produksie nie
Dit wil voorkom asof ru-olie produksie in limbo is. Opul+ het vergader en die lede kon nie ooreenkom oor die pad vorentoe nie. Die heersende Delta-variant maak voorspellings oor aanvraag vir olie baie moeilik en volgens berigte wou Rusland en van sy bondgenote, wat onder die ‘plus’ van Opul+ val, produksie op huidige vlakke hou […]
Swakop naeltegnikus wen internasionale kompetisie
Martie Keeve, ‘n naeltegnikus van Swakopmund het ‘n internasionale kompetisie, die ‘Bio Skills Art Challenge2, Around the world with Bio’ gewen. Evogel Kanada het die wêreldwye kompetisie van stapel gestuur en tegnikuste kon naelkuns, wat hulle lande verteenwoordig, indien. Keeve het ‘n beeld van Kolmanskop by Lüderitz, ‘n kudu, Sossusvlei, ‘n Himba-vrou en die jetty […]
Vyfde-variant opgemerk
Nog ‘n Covid-variant is geïdentifiseer en het reeds versprei. Volgens Britse media is die Lambda-variant, wat na berigte eers in Peru opgemerk is, reeds in die Verenigde Koninkryk met ses positiewe gevalle. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die variant reeds op 17 June geklassifiseer. Dit is die vyfde variant, naas Alpha van Brittanje, Beta van Suid-Afrika, Gamma […]
Maak vol voor middernag, brandstofprys styg
Namibiese motoriste sal vandag hulle tenks moet volg maak of hulle gaan om middernag meer vir brandstof betaal. Andreas Simon, woordvoerder van die ministerie van myne en energie het die besonderhede.
Ekonomiese aktiwiteit is steeds traag
Ekonomiese aktiwiteit is steeds gedemp al is daar rekord lae rentekoerse. Ekonome meen dat individue en besighede of nie bereid is nie, of hulle is nie in ‘n posisie om beleggings te maak nie. Dus meen hulle dat ekonomiese herstel verder vertraag sal word. Dr. Jacob Nyambe, dekaan by Unam se ekonomiese fakulteit sê verbruikers […]
Covid: 39% van alle gevalle in Nam het in Junie voorgekom
Namibia Fact Check het ‘n uitstekende vergelyking tussen Covid-statistieke van Mei en Junie van die pandemie getref. Volgens die jongste syfers, het 39 persent van Namibië se kumulatiewe syfers in Junie voorgekom. Die navorser van Namibia Fact Check, Frederico Links, het dit aan Kosmos 94.1 Nuus in perspektief gestel, asook hoe kommerwekkend dit is.
Sosiale media: Noorweë maak wet dat jy oor foto-aanpassings, -filters moet sê
Noorweë is volgens internasionale media die eerste land in die wêreld wat wetgewing van krag gemaak het wat ‘n kennisgewing eis op alle foto’s wat aangepas is. Sogenaamde ‘influencers’ op sosiale media moet aandui watter aanpassings op foto’s gemaak is en watter foto-filters gebruik is anders kan hulle nie die foto’s plaas nie of, indien […]
ANC veterane se vereniging, raad, deur ANC ontbind
Die nasionale uitvoerende raad van die ANC het die Umkhonto weSizwe veteranevereniging en die raad van die oorlogsveterane ontbind. Die nuus kom kort voor Jacob Zuma se aansoek vir ‘n interdik teen die uitvoer van die Konstitusionele Hof se beslissing wat tans aangehoor word in die hooggeregshof in Pietermartritzburg. Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder professor Andre […]
Nog baie water onder die brug voor Guptas vas is
‘n Suid-Afrikaanse kenner in polisiekunde, Guy Lamb, sê baie moet nog gebeur nadat ‘n persoon weens ‘n rooi kennisgewing in hegtenis geneem is. Dit volg nadat Interpol sogenaamde rooi kennisgewings uitgereik het vir die inhegtenisneming van die broers Atul en Rajesh Gupta en van hulle vennote vir beweerde bedrog. ‘n Rooi kennisgewing is ‘n versoek […]
PDM maak regstelling op Venaani se uitlatings
Die PDM het kontak met Kosmos 94.1 Nuus gemaak om ‘n regstelling te maak in verband met die aanmerkings van sy president McHenry Venaani, gister aan die nuuskantoor. Die party se woordvoerder Roberto Dirkse het Venaani se standpunt so verwoord. Die oorspronklike stemgreep van president Venaani oor die kwessie van ivermektien is op Kosmos 94.1 […]